AFRIKAANSE OPSOMMING: Die langtermynversekeringsindustrie het voorheen slegs finansiële produkte endienste ontwerp, wat gefokus was op die middel tot hoër inkomstegroepe. Die armeswas dus uitgesluit, primêr as gevolg van die laer inkomstegroepe wat nielewensversekeringsprodukte kon bekostig nie. Inteendeel, arm huishoudings is, enwas, meer kwesbaar vanweë die feit dat hulle geredelik blootgestel word aan meerdiverse risiko’s – mensgemaakte, sowel as natuurlike risiko’s - terwyl hulle juisdiegene is wat minder middele het om dit bestuur.Hierdie toedrag van sake het egter drasties verander gedurende die afgelope paar jaar.Die onderskeie partye, insluitend verteenwoordigers van dielangtermynversekeringsindustrie, het konsensus bereik ten opsigte van dieontwikkeling van die Finansiële Sektor Handves wat in ooreenstemming is met dienasionale swart ekonomiese bemagtigingstrategie. Die oogmerk van die FinansiëleSektor Handves was nie net om mense in die laer inkomstegroepe te bemagtig nie.Dit het ook ten doel om finansiële insluiting te verseker, en mettertyd, die aktiewedeelname van die armes in die hoofstroom van die Suid-Afrikaanse ekonomie.’n Stel toegangstandaarde was gevolglik ontwikkel en geïmplementeer, wat dielangtermynversekerings-produkaanbiedinge aan LSM 1-5 reguleer (met ander woordevir die doeleindes van hierdie verslag, huishoudings wat minder as R3 000 per maandverdien). Die doel van die standaarde wat ontleed word in hierdie verslag, is om teverseker dat die langtermynversekeringsindustrie geskikte produkte ontwerp wat dieminimum standaarde soos beskryf in die Finansiële Sektor Handves, nakom. Inbeginsel word die toepaslikheid en geskiktheid van die toegangstandaarde in hierdieverslag geëvalueer, met die oogmerk om te bepaal wat die standaarde inhou vir beidedie verbruiker asook die lewensversekeraar van ’n verslaggewingsperspektief.Die eerste deel van die toegangstandaarde wat goedgekeur is deur die FinansiëleSektor Handves in 2007, het slegs begrafnisdekking ingesluit, terwyl die tweede deelgefokus het op nie-begafnisprodukte en sedert 2008 geïmplementeer is.Laasgenoemde het die volgende dekking ingesluit: lewensversekering, dekking virfisiese ongeskiktheid, kredietlewensversekering en gewone lewensversekering. Dietoegangstandaarde wat van toepassing is op verbandlenings is egter nog niegefinaliseer nie en is gevolglik nie ingesluit in hierdie verslag nie. ’n Fundamentele vraag ten opsigte van die daarstelling van toegangsprodukte vir die laer inkomstegroepe, is wat die rol is van die publiek vergeleke met die privaatsektoren dié van die regering. Terwyl die regering optree as die wetgewer, moet dit ookdaarteen waak om nie te veel van ’n rigiede proses vir die privaatsektor daar te stelnie. Die wetgewer moet die relevante reëls en regulasies stipuleer en sekerheidverskaf ten opsigte van die inhoud daarvan. Terselfdetyd moet die wetgewer ook dieprivaatsektor asook `n klimaat van innovasie ondersteun, sowel as die daarstellingvan ’n stabiele regulerende atmosfeer.Behalwe die ontwikkeling van geskikte, bekostigbare en minder komplekse produkte,berus die verantwoordelikheid op die privaatsektor om vertroue te skep in dielangtermynversekerings-industrie asook om die noodsaaklikheid van risiko-dekking tepropageer. Versekeraars het verder nodig om die laer inkomstegroepe as ’n winsgewende segment te beskou, terwyl die armes versekering as ’n noodsaaklike vereiste moet beskou. Hoe meer vertroue geskep word deur die versekeringsindustrie,hoe minder sal mense in die laer inkomstegroepe hul geld belê in die informele sektorwat gekenmerk word deur die afwesigheid van regulering, minder sekuriteit en hoërrisikos.Dit is verder noodsaaklik vir die sukses van die verskaffing van toegang tot finansiëleprodukte, om in gedagte te hou watter impak dit op die verbuiker sal hê. Metbetrekking tot die produkte wat ontwikkel en bemark word deur dielewensversekeringsindustrie: spreek dit werklik die behoeftes van die laerinkomstegroepe aan en dra dit positief by tot transformasie? Die privaatsektor is asgevolg daarvan grotendeels afhanklik van marknavorsing en analises oorverbuikerstendense gemeet oor tyd. Die impak wat finansiële produkaanbiedinge hetop die laer inkomstegroepe, kan gevolglik nie onafhanklik beskou word nie want diebehoeftes, verwagtinge en profiel van die onderste deel van die piramide sal metverloop van tyd verander.Mededinging dra as sulks ook positief by tot die daarstelling van toegang totfinansiële produkte en dienste. Dit dwing die privaatsektor (die lewensversekeringsmaatskappye)om vorendag te kom met innoverende wyses om effektiewe toegangsprodukte en dienste te kan lewer aan die armes. Die bring mee dat dieverbruiker waarde vir geld kry wanneer finansiële produkte en dienste aangekoop word van lewensversekeraars.Met verwysing na die toepaslikheid van die langtermynversekeringsindustrie setoegangstandaarde en of dit die behoeftes van die armes bevredig: dielewensversekeringsindustrie het inderdaad baie bereik gedurende die afgelope paarjaar, deurdat konstruktiewe geleenthede geskep is vir die laer inkomstemark. Gegewedie minimum-vereistes soos uiteengesit in die Finansiële Sektor Handves, kan diearmes nou ook langtermynversekeringsprodukte bekom wat uitdagings soos fisiesebeskikbaarheid, toegang tot transaksies, bekostigbaarheid, diskriminasie enkompleksitiet aanspreek.Dit is daarom noodsaaklik vir die doeleindes van effektiewe finansiële insluiting, omvir verbruikersopleiding ook voorsiening te kan maak. Finansiële geletterdheid sal inbeginsel die laer inkomstegroepe in staat stel om hulself te kan bemagtig enterselfdertyd die teikengroep in staat stel om meer ingeligte besluite te kan neem tenopsigte van hul finansies. Laasgenoemde kan egter nie in isolasie geskied nie.Finansiële geletterheid en dus verbruikersopleiding, is minstens net so belangrik.Dit is juis daarom dat, bo en behalwe die regering wat die rol as wetgewer vertolkdeur die toepassing van die reg, al die betrokke partye veronderstel is om ’ngemeenskaplike oogmerk te hê. Met ander woorde, dit verwys direk na transformasieen die doelwit om mense in die laer inkomstegroepe te bemagtig – nie net omfinansiële insluiting te bewerkstelling nie, maar van meer belang, om te verseker datdie armes oor die vermoë beskik om meer ingeligte besluite te kan neem oor hulfinansies. Hierdie aspek sal veral bydra tot effektiewe toegang tot finansële dienste indie ware sin van die woord - as die armes ’toegelaat’ word om meer aktief deel te kanvorm van die hoofstroom van die land se ekonomie.